(circa. 2 Augustus 2024)
Ek gaan NIKS EKSPLISIET skryf nie, maar ek wil skryf oor wat mense MOET weet (en eintlik hulle kinders reg leer) wat dit beteken, insluit en uitsluit ensomeer as jy 'n Gay man in Suid-Afrika is.
Lees asseblief net die volgende, voor jy toe maak, want dit sal jou dalk interesseer.
- Die eerste keer wat 'n "Same-Sex" SOEN op TV uitgesaai was, was in die 1990's in 'n "Star Trek Deep Space Nine" Episode tussen 2 Vrouens wat lief was vir mekaar. Hulle was albei van die Spesie "Trill" (wat jy kan Google), maar die Spesie is Simbione wat Organismes is, wat in geplant word in 'n "Humanoid Host". Soos die "Host" ouer word en eventueel aan nader kom aan die einde van hulle lewe, word die Simbioon oorgeplant in 'n ander "Host". Hierdie Simbione kan dus Honerde Jare Lewe. Die 2 vrouens wat mekaar gesoen het, het dit uit liefde gedoen omdat hulle Simbione vantevore in ander "Humanoids" was wat op mekaar verlief was. Die WĂȘreld was geskok oor "Die Soen" op TV, maar omdat mense so ENG is, het hulle die punt gemis dat LIEFDE is oneindig.
- Kyk die TV-Reeks "Gentleman Jack", as jy nog nie het nie. Die reeks is gebasseer op 'n Vrou se dagboeke uit die 1830's - Anne Lister. Die Reeks gaan oor haar lewe en sy moes baie van die goed in haar Boeke in kodes geskryf het, want sy was 'n Lesbian. Die Reeks is nie Eroties of Grafies nie, inteendeel, dis baie smaakvol en bewys waardeur Gay mense gaan in 'n samelewing wat jou as "anders" beskou. Anne se redding was dat sy baie ryk was en kon met 'n paar dinge wegkom.
- Hierdie een mag skok, maar ek moet eers net noem: Ek Glo daar is 'n Here, "Iets" na die Dood maar die Bybel is die Boek wat Mense gebruik as verwysing om 'n sekere punt te bewys en dan is dit gewoonlik uit konteks. Die EERSTE Homoseksuele verhouding in die Geskiedenis kom uit Die Bybel uit. Lees gerus oor Koning Dawid en Jonathan.
- Die Bybel verwys nĂȘrens dat Homoseksualiteit 'n Sonde is nie, daar word meer verwys na Egskeidings en Lustigheid. Mense gaan nou vinnig Google en iewers gaan hulle afkom op die 13 Gedeeltes in Die Bybel wat konstant gebruik word as bewys dat Gay 'n Sonde is, weer eens heeltemal uit konteks uit. Sodom en Gomorra word telkemale gebruik en vir Jare, en nogsteeds, was 2 mans wat seks gehad het, geklassifiseer as "Sodommiete" as gevolg van Sodom. In Romeine skryf Paulis dat 'n Man nie saam met 'n ander Man mag "LĂȘ" nie en hierdie deel word gereeld gebruik. So om almal regte help, wat Paulis geskryf het, was oor die Priesters wat Jong Seuns "verkrag" het, en DIT was die Sonde. Al die ander gedeeltes wat mense uit konteks gebruik, kom basies op dieselfde neer: Die "Sonde" is wanneer 'n Man homself op 'n ander Man FORSEER, maar dit geld vir ALLE MANS ook.
- Latyn word nie meer gepraat nie maar word nogsteeds gebruik, hoekom? Die "Roman Empire", voor sy val, was die Grootste in die WĂȘreld en almal moes Latyn kon praat. Dit het die meeste van Europa, Asia en Noord-Afrika ingesluit en na die val van Rome het die verskillende "Provinsies" self-regerend geraak en hulle tale het ontwikkel. Al hierdie Lande se Tale het Latyn as 'n basis en dus word Latyn beskou as 'n "Universal Language" en daarvoor gebruik word in Wetenskap, Biologie, Regte ensomeer. Dis soortvan 'n manier vir al hierdie verskillende fakulteite om mekaar te kan verstaan as hulle na iets verwys, byvoorbeeld "Compos Mentis" of Elizabeth II se 1992 gebruik van "Annus Horribilis" wat amper onmiddelik populĂȘr geraak het. Nie net het Latyn voortbestaan na die val van Rome nie, maar so ook het al die Lande se Regstelsels (Wette) die basiese Raamwerk van Romeinse Reg gebruik. Suid-Afrika se eie Regstelsel is gebasseer op die Romeins-Nederlandse Regstelsel maar dit sluit ook in dele van Engelse Reg en ons eie "Common Law". Die punt is, dit was nie Onwettig onder Romeinse Reg om Gay te wees nie: "It was immoral to have sex with another freeborn man's wife, his marriageable daughter, his underage son, or with the man himself; sexual use of another man's slave was subject to the owner's permission".
- Sonde en Wette: Demokratiese Lande se Regstelsels ontwikkel soos die land en die WĂȘreld ontwikkel. Gelowige mense (maak nie saak wat se Geloof hulle in Glo nie) wil altyd vir iets soek in hulle Geloof om "iets" te klassifiseer as Sonde of nie sodat Mense met dieselfde Geloof hulle kan verstaan. Geskiedenis bewys vir ons hoeveel OorloĂ« is geveg as gevolg van Geloof en ek voel jammer vir Gelowige Mense wat nie Respek het vir Mense met ander gelowe nie. Die vraag wat ek wil hĂȘ jy oor moet dink is: As 'n Geloof iets noem as "Sonde" en 'n ander Geloof nie en 'n Land se Regstelsel klassifiseer iets as "Onwettig" maar 'n ander Land nie, wat gee enige iemand die reg om 'n Gay persoon te kondemneer?
- Die mees algemeenste Regstelsel wat WĂȘreld-wyd gebruik word en die meeste Ooreenkomste het regoor die WĂȘreld, is Siviele Reg. Alhoewel ek Besigheid Reg as 'n Vak gehad het op Universiteit, het ons Dosent Siviele Reg beskryf as die Wette wat van toepassing is op hoe die "Gewone Mens op Straat" iets sou beskryf as Reg of Verkeerd.
- Lees meer oor die volgende asseblief:
- Civil law;
- Common law;
- Religious law;
- Customary law;
- International law;
- Mixed law;
- Sharia;
- Corporate law;
- Contract law;
- Family law;
- Intellectual Property Law; en
- Roman law.
- Die rede hoekom dit interessant is om oor die bogenoemde goed te lees, is omdat 'n Land se Regering nie net sommer Wette kan maak nie. Selfs in Suid-Afrika is daar tans BAIE Regshandelings (of Aktes en Statutes) wat NOG NIE Wette is nie. Hierdie Regshandelings kan eers Wette word as die Parlement daarvoor Stem en die President dit teken. Wanneer "iets" 'n WET word en "iemand" breek die WET, dan is daar "goed in plek" soos Boetes of Tronkstraf wat deur 'n Regter besluit word. Aktes en Statutes wat nog nie Wette is nie, is WONDERLIK vir die Suid-Afrikaanse Regering, want in plaas daarvan om dit te Debbateer in die Parlement, neem Mense, Groepe, Instansies of Maatskappye Regsaksie teen MEKAAR of die Regering al die pad tot by ons Konstitusionele Hof. Wanneer die Konstitusionele Hof 'n Uitspraak maak op iets wat net 'n Regshandeling is, word die Regering Outomaties VERPLIG om dit 'n WET te maak.
- Hoe Wetlik is Huwelike in Suid-Afrika? Vir "Normale" mense is dit eenvoudig, want dit is wanneer 'n man en 'n vrou met mekaar trou. PROBLEEM - Die huidge Wet op Huwelike (1961) bestaan uit 3 Aktes (nie Wette nie): "Marriage Act - 1961; Civil Union Act - 2006; The Recognition of Customary Marriages Act - 1998". Dit is hoekom jy nie Tronk toe gaan as jy Skei nie, want dit is nie Teen die Wet nie, maar dit beteken ook dat hierdie Regshandelings kan ENIGE TYD verander word.
- Vir Iemand wat wil Trou in Suid-Afrika (Neem kennis): As jy met iemand anders wil Trou, MOET daar 'n Kontrak opgestel word tussen die 2 Partye, bo-en-behalwe die "Cohabitational Agreement" wat die Voorhuwelikse Kontrak is. Die Eerste Kontrak Spesifiseer onder Watter Akte jy gaan Trou, Binne- of Buite Gemeenskap van Goedere (waar van toepassing) en Met- of Sonder die Aanwas-bedeling (waar van toepassing). Sonder dat jy dit weet, en NIEMAND gaan jou sĂȘ nie, word die volgende Wette Outomaties deel van daardie Kontrak: "Civil law; Common law; Contract law & Family law".
- In Besigheid reg het ons geleer van 'n Man en 'n Vrou wat getrou het en die Vrou het later uitgevind haar Man het 'n buite-egtelike verhouding, maar hulle was Binne Gemeenskap van Goedere getroud en hy was Werkloos. 'n Prokereur het haar gevra of sy en haar Man "Blad Geskud" het toe hulle mekaar se ringe aan gesit het. Sy was verbaas, want hulle het mekaar se hande vas gehou terwyl hulle ringe aan gesit het. Die Prokereur was BAIE ERNSTIG - HET HULLE HANDE GESKUD OP EN AF? Toe sy antwoord dat hulle DIT nie gedoen het nie, toe dagvaar die Prokereur die Man om die Huwelik Ten Nietig te verklaar, asof dit nooit gebeur het nie, want volgens Kontraktuele Reg is 'n Kontrak EERS Bindend wanneer 2 Partye Blad Skud, onder andere.
- In 'n ander geval het die paartjie getrou, lekker onthaal gehad, gaan slaap en die Eerste Werksdag na die Troue het die Man 'n Prokereur gaan sien om die Huwelik Ten Nietig te verklaar, en hy het gewen, omdat hy en die Bruid nie seks gehad het na die tyd nie.
- As jy getroud is en Egskeiding begin 'n opsie raak, ONTHOU EEN DING: Jy dagvaar 'n ander Persoon vir Kontrak-Breuk, nie as gevolg van 'n Akte of die Wet op Huwelike nie. Dit IS NIE so maklik om te skei as wat mens dink nie, so maak seker jy lees daardie Eerste Kontrak BAIE MOOI. Dit MOET Stipuleer dat die 2 Partye Ooreen gekom het, besluit het om Saam te bly en of dit Binne of Buite Gemeenskap, Met of Sonder die Aanwas Bedeling is en Die Hof word Outomaties 'n Getuie van die Ooreenkoms. Jy KAN NIE Skei deur te sĂȘ jy is nie meer Lief vir daardie Persoon nie, want nĂȘrens in ENIGE Kontrak word LIEFDE genoem nie. Jy moet kan BEWYS dat die ander Persoon die Kontrak gebreek het. Jy Dagvaar jou Eggenoot vir 'n Egskeiding, maar jou Eggenoot kan besluit om jou teen te staan om NIE te Skei nie. As jy in die Hof staan en die Regter moet jou Egskeiding "Goedkeur", word jy 2 Goed gevra:
- Het beide Partye hulle BESTE gedoen om die situasie te kon red;
- Het beide Partye ooreen-gekom op die Finale Terme en Kondisies van die aansoek.
- Lees die "Marriages Act" voor jy besluit om te trou!
SO MOENIE VERDER LEES AS DIE KONSEP VAN GAY WEES JOU GAAN PLA NIE. MAAR...
Die probleem is, al is dit 2024, lewe baie mense met 'n IDEE van wat hulle dink dit is om Gay te wees, maar omdat niemand wil LUISTER nie, vra hulle ook nie. En dit is GEVAARLIK want meeste mense neem dan sekere goed net aan gebasseer op "WAT?" weet ek nie. En al het jy Gay vriende, of dalk familie, moenie dink jy is "Open Minded" of jy Diskrimineer nie, want jy weet nie, maar dis nie jou skuld nie. Dit kom regtig daarop neer dat mense nie sal LUISTER nie, soos wat ek in my ander "Essays" geskryf het. Wanneer mense goed net aanneem, maak nie saak oor wat nie, dan skep hulle 'n situasie waar hulle 'n sekere reaksie, opmerking, gedrag of houding ensomeer VERWAG en wanneer daardie Verwagting ANDERS is as wat hulle aan geneem het, lei dit tot Konflik - nie 'n Bakleiery of Oorlog nie, Innerlikke konflik. As mens het jy verwag dat vir elke aksie is daar 'n reaksie, maar wanneer daardie reaksie nie in jou verwysing raamwerk is nie, begin jou kop bietjie "spin" want "HOE" gaan jy dan te werk?
So VERGEET van alles wat jy dink jy weet van Gay wees en lees verder.
EERSTENS: Dis nie 'n KEUSE nie. Ek het in my hele lewe nooit iemand ontmoet wat gesĂȘ het dat hulle een dag wakker geword het en besluit het om Gay te wees nie. Dit gaan oor AANVAARDING en dis BAIE MOEILIK om as "ANDERS" geklassifiseer te word, of dit jou OriĂ«ntasie, Velkleur, Geloof of wat ook al is. Meeste Kinders word groot gemaak deur 'n Ma en 'n Pa (hete, dit vat 2 van julle om EEN van ons te maak đ) en die Samelewing waarin hulle groot word, is oorwegend "Straight". Seuns kry Karretjies of Soldate om mee te speel en Dogters kry Poppe - wat ek voel is SO verkeerd want as jy wil hĂȘ jou Seun moet respek hĂȘ vir Vrouens een dag, moet hulle eintlik kan weet HOE om met Poppe ook te speel. Gelukkig het die Aarbeidsmark aansienlik verander, so Beroepe wat oorwegend MANLIK was het toeganklik geword vir Vrouens, en anders om.
Ek het groot geword met 'n Ma wat met ons kon praat oor Kommunisme, Seks voor die Huwelik, Huwelike ensomeer MAAR ons het nooit oor seks gepraat nie. Paartjies wat saam gebly het sonder om getroud te wees, was teen die norm en 'n Dominees het een keer gesĂȘ dis SONDE - toe verloor ek dit teen hom. As Seun was ek heeltemal bewus van wat die Samelewing VERWAG het ek moes wees. Jy word sekere ROL-MODELLE gegee waarvolgens jy jouself moet gedra om aanvaar te word. Ek het nie soos ander Seuns na 'n Meisie gekyk nie en amper elke Vriendin se Ma het gedink ek het goeie maniere gehad en het hulle dogters gerespekteer. Ek het net 'n paar Seuns-vriende gehad, maar vir my was HULLE "anders". Ek moes aanpas in hulle omgewing en praat oor goed wat hulle interessant gevind het en dit het my gepla.
Dan is daar die WREEDSTE DING op Aarde - SKOOL! Ek was van Laerskool af gespot, geterg, name genoem soos "Mof-muis" en al wat ek geweet het was dat "Moffies" was Seuns wat eintlik soos Dogters wou wees, met Poppe wou speel en Rokke dra. En al het my Ma hoe hard probeer, sy kon my nie teen dit beskerm nie. VANDAG is dit seker beter as in my tyd, maar ek is OORTUIG dat dit elke Ouer se PLIG is om hulle kinders groot te maak sodat hulle enige iemand wat "anders" as hulle is, MOET RESPEKTEER - Gay, Swart, Muslim of wat ook al. Respek is nie Outomaties "AANVAARDING" nie, want nie almal wat anders is, is noodwendig Goeie Mense nie. Kinders moet net leer dat enige iemand wat nie soos hy of sy lyk, praat, Glo net 'n Ma of 'n Pa het of Geskeide Ouers het ensomeer nie, is Uniek, net soos hy of sy is en daardie kind wat "anders" is, MOET NIE gespot word daaroor nie. As die ander kinders dit doen, beteken dit nie dat jy moet saam spoet om "IN" te wees nie.
HoĂ«rskool was HEL!!! Nie net het die Hormone begin opduik nie, maar die gespottery het sommer net gestyg. Ek weet tot vandag toe nog nie wat ek gedoen het of hoe ek opgetree het wat die ander kinders my laat spot het en "Moffie" genoem het nie. Ek was skaam oor myself en Veldskool - Stort kaal saam met ander Seuns in OOP storte - ek het so elke Derde dag gestort, maar na al die ander Seuns en in yskoue water. Toe ek in Standard 9 gekies is as Onder-hoofseun, het een van die ander Seuns op die Leerlingraad na my toe geloop en gesĂȘ dat dit seker die Eerste keer is wat die Skool TWEE Onder-hoofmeisies gekies het - in my gesig! As jy 'n Ouer is wat lees, of wil kinders hĂȘ, NEEM KENNIS, want afhangende van HOE jy jou kinders groot maak, gaan hulle of die Kind wees wat GAAN spot of GESPOT gaan word en hoe vroĂ«er jy jou kind leer om Respek te hĂȘ vir Mense wat "anders" is, hoe BETER sal hulle voorbereid wees om gespot te word en die ander wat die gespottery doen, te ignoreer. Die BESTE ding wat jy jou kind kan gee, is KENNIS!
So het ek deur Hoërskool ge-"battle" en gefokus om Studies, want dit was die ENIGSTE Konstante ding in my lewe. Wanneer ek nou terug dink, is ek oortuig my Ouers het geweet ek was Gay maar ons het nooit daaroor gepraat nie en die feit dat my Pa NIE met my oor "Blommetjies en Bytjies" gepraat het, of selfs 'n boek gegee het om te lees nie, verduidelik dit alles. En dit is HARTSEER!!! Lees my Woorde mooi, want dit is van toepassing of jy 'n Seun of Dogter het, maak nie saak of jy "iets" vermoed of nie. EK VOEL dat ek MY OUERS ontneem het van die reg om my REGTIG te leer ken en dat ek so vinnig as moontlik uit die huis wou kom nadat ek my Grade gekry het, sodat ek kon lewe soos ek wou - MAAR... Niemand, tot nou toe nie, weet wat se impak EEN Jaar op my Ouers se Huwelik gehad het nie, want in EEN Jaar het ek en my Broer uit die huis uit getrek, my Suster is getroud en eweskielik was dit net hulle twee - ALLEEN. My Pa het 'n paar Maande nadat ek uit getrek het, na werk direk na my en my Broer (ons het saam gebly) se huis toe gery om met MY te "praat". Ek en my Pa het baie baklei, maar daai aand het hy gevra wat hy verkeerd gedoen het omdat ek so jonk uit die huis uit is. HY het omverskoning gevra en ERKEN dat my Ma hom verantwoordelik gehou het vir haar huis sonder kinders en dat hulle basies vreemdelinge vir mekaar was.
Ek kon nie vir hom sĂȘ dat die grootste rede vir my onafhanklikheid was dat ek Gay was nie of dat my Gay broer my oortuig het om so gou as moontlik te begin "lewe" nie. So ek het gejok en gesĂȘ dat my ouer broer wou uit die huis uit wees maar kon dit nie bekostig nie, toe besluit ons om saam 'n plek te huur. Dit was maklik want op daardie ouderdom het ek al so baie goed van my Ouers weerhou, of gejok, dat dit amper "Natuurlik" was. Daarom SMEEK ek dat Ouers met hulle kinders openlik kan praat sodat indien daar 'n kind soos ek is, die eerste leuen wat hy vertel, hy NIE mee gaan kan wegkom nie. Die leuens het 'n Tweede Natuur vir my geword totdat ek 'n paar jaar gelede besef het hoeveel mense ek voor gejok het of voorgegee het ek is 'n sekere tipe mens, wat ek nie was nie. Toe die Enigste Konstante Ding in my lewe tot 'n einde gekom het, het 'n gruwelike monster sy kop uit gesteek - DEPRESSIE!
Ek het eweskielik niks meer gehad om op te fokus en myself besig te kon hou nie, al het ek gewerk, en ek het nie geweet wat gebeur nie en hoe om dit te hanteer nie. Ek sĂȘ NIE daarmee dat alle Gay mans deur Depressie gaan nie, maar in daardie tyd wat jy jouself aanvaar en probeer inpas in die Gay Samelewing, bevraagteken jy baie dinge. Jy soek maniere om te verander en meeste van die tyd, op die verkeerde plekke met die verkeerde mense. Al was my broer Gay het hy nie gehelp nie, want hy was op sy eie paadjie en in 'n verhouding. Onder normale omstandighede is dit 'n moeilike tyd waardeur mens gaan as dit jou op DAARDIE ouderdom eers tref en jy geen verwysings-raamwerk het nie. Gelukkig het ek hulp gaan soek en 'n Sielkundige gaan sien, NIE oor die Gay ding nie, maar hierdie "Depressie". Toe ek 22 Jaar oud was, was Depressie soos kanker, dit laat mense Selfmoord pleeg en hulle onttrek uit die samelewing uit. Die eerste ding wat my Ma gevra het toe ek haar vertel dat ek 'n Sielkundiige sien, was "Wat het ek (as Ma) verkeerd gedoen?". Dit was nog voor ek iets genoem het van Depressie. Leuens was maklik gewees teen daardie tyd, so in plaas van om vir haar die EERLIKE antwoord te gee, het ek gejok en gesĂȘ ek is alleen en pas moeilik aan. Dit was gerieflik, aanvaarbaar EN dit het nie Konflik veroorsaak nie. En ek gaan dit WEER noem, ek het my Ouers van die Reg ontneem om 'n deel van my te leer ken. En ek weet van Gay Mans wat deur hulle Ouers verwerp is as gevolg daarvan, maar dit is hulle reg om te weet en hoe Ouers dit hanteer (goed of sleg) SAL 'n rol speel in hoe 'n Gay Man gaan aanpas in die samelewing. As Ouers dit sleg hanteer, gaan party mans hulle hele lewe lank die "blame-game" speel en mans soek wat hom gaan "jammer kry", en glo my dit werk nie altyd so goed uit nie. Dit maak nie saak hoe mans se Ouers reageer nie, hulle moet dit net nie misbruik nie.
In die tyd wat ek myself aanvaar het terwyl ek met Depressie ook moes probeer lewe, het ek EEN ding heel EERSTE besluit: Ek sal nooit vir enige iemand sĂȘ dat ek Gay is tensy hulle nie VRA nie! Ek het dit besluit nog voor ek my Ma vertel het van die Sielkundige, so omdat sy nie gevra het nie, het ek dit nie genoem nie. Miskien het ek my besluit gemaak as gevolg van hoe ek op Skool gespot was, of omdat ek nog nie mooi geweet het hoe Volwasse Gay mans "behandel" word in die normale samelewing nie, maar vir amper 30 Jaar het ek gebly by die besluit wat ek Eerste gemaak het. Iemand het een keer gesĂȘ: "When you ask, LISTEN", en ek het dit onthou. Baie mense vra sekere goed net uit gewoonte uit, soos "Hoe gaan dit?", sonder om regtig te LUISTER na die antwoord. Ek het Jare gelede opgehou om vir Mense te vra hoe dit gaan, tensy ek kon sien dat iets hulle pla. Ek het ook vir Jare baie keer iemand anders nie eens geantwoord as hulle gevra het hoe dit met my gaan nie en dit is eintlik skrikwekkend hoeveel mense dit nie eens agter gekom het nie. So vir my gaan dit oor, as jy iemand iets vra dan moet jy voorbereid wees die ANTWOORD. Ek het so deur die lewe gegaan en eerlik geantwoord as mense gevra het of ek Gay is, maar dit is ALTYD die vrae daarna wat my Griewelooslik PLA!
- Wanneer het jy BESLUIT jy is Gay?
- Hoe het jy BESEF jy is Gay?
- Hoe weet jy iemand anders is Gay?
- Hoekom het jy my nie gesĂȘ jy is Gay nie?
Ek wil hierdie gedeelte afsluit met 'n versoek vir jy wat lees: Gay is nie 'n Besluit nie en vir sekere Mans is dit moeiliker om te Aanvaar en in te pas as vir andere. Dis 2024 en die Samelewing het baie verander in die afelope 30 jaar, maar meeste Gay mans verstaan dat daar nogsteeds mense is wat dink dis 'n Sonde, Onnatuurlik, Verkeerd ensomeer. Maak net jou kinders groot sodat hulle respek het vir ander mense wat "anders" as hulle is, en met "anders" bedoel ek Vel kleur, Geloof, Geslag en enige ander ding. Lees die Boek "'n Kas is vir Klere" deur Pieter Cilliers!
TWEEDENS: Hierdie weet baie MIN mense van. Al was Suid-Afrika se eerste Demokratiese Verkiesing in 1994 gewees, was die Nuwe Grondwet en Konstitusie EERS IN 1996 bekragtig - deur die Parlement aanvaar. Daar was nog Wette TEEN Homoseksualiteit tot en met 1996 gewees. Min mense wil dit glo, maar dit is 'n feit dat dit vir langer Onwettig was om Gay te wees as om Swart te wees. Ek KLA nie daaroor of soek Simpatie vir al die ander Gay mans nie en dit maak nie saak wat se Wette daar is of nie is nie, dit gaan my nie verander nie. Daar is net 3 Goed wat ek wens mense kan aanvaar:
- Gay mans is nie 'n ander tipe Mens nie, ons val in dieselfde spesie as die res van die mense en wil net so normaal as moontlik deel wees van die samelewing;
- Gay mans het Gay, Straight en wat ook al, Vriende waarmee hulle wil sosialiseer en dit sluit in om na Restaurante, Flieks, Klubs ensomeer toe te gaan. Dit is nie nodig om na 'n groep mans te staar wat saam in die Publiek is nie, maar as dit vir iemand vreemd is om te sien, "Deal with it".
- Gay mans het verhoudings met Mans en hulle doen wat alle mense wat in verhoudings is, doen.
In my Twintigs, tydens my Eerste verhouding, het ek vir die eerste keer beleef hoe ander mense my/ons behandel het. Toe ek en Clive saam was, het ons net na sekere Restaurante, Winkel Sentrums en Klubs toe gegaan. Ek wou hom aan die begin nie glo nie, maar hy was reg, want daar was plekke wat net nie Gay-vriendelik was nie. Ons het een Saterdag ons-self in "Centurion Mall", in Centurion, bevind. Gegewe hy was 12 jaar ouer as ek, maar die mense het ons letterlik aan-gegluur, asof ons nie daar behoort nie. Centurion is nou nog baie konserwatief, maar selfs toe ons na die Restaurant toe gegaan het, het die mense in die Restaurant gestaar en dit het my heeltemal verbaas. Jare later, toe ek en Wayne saam was, het ons "Centurion Mall" toe gegaan vir 'n verandering, want ons was meestal Menlyn toe of iewers in die Ooste van Pretoria. Glo dit of nie, daar was mense wat na ons gekyk het asof ons nie daar behoort nie!
Wat ek net nie kan verstaan nie, of dalk is ek verkeerd, is dat wanneer mens 2 Dames saam sien inkopies doen of koffie drink in die publiek, word hulle nie snaaks aan gekyk nie. Dit is ook nie skokkend om te sien as 2 Dames mekaar in die publiek 'n drukkie gee of selfs soen-groet nie. Het jy al ooit 2 mans gesien wat mekaar soen-groet in die publiek en as jy het, hoeveel keer en wanneer? Het jy al ooit 2 mans gesien wat in 'n Sentrum hande vashou terwyl hulle rondloop? Die skokkendste ding wat ek in my lewe gedoen het, in die publiek, was met Andrew se Verjaardag toe hy vir my 'n drukkie en soen op die wang gegee het in die Restaurant nadat ek vir hom sy geskenk gegee het. Gelukkig was dit in Melville, Johannesburg, en niemand het 'n appopleksie gekry nie.
Oor Andrew, vinnig. Hy het my aan Kevin voorgestel en was 'n paar jaar jonger as ek, maar ek het regtig baie oor die Gay samelewing geleer by hom. Ek weet nie hoekom ons na my 30'ste Verjaardag opgehou kommunikeer het nie, maar in 2017 het ek uitgevind dat hy vermoor was deur 'n ou wat hy op die Internet ontmoet het, wat my regtig geskok het!
Soos ek begin vriende maak het en deel geword het van die Gay samelewing, het ek 'n klomp goed baie vinnig geleer en gewens iemand kon my in my jeug voorberei het, of ten minste net 'n paar "tips" sou help. Ek wou vriende maak, maar was nie die Sosiale tipe nie, so ek het die Internet gebruik want dit het veilig gevoel. Die eerste keer toe ek in 'n Gay klub beland het, het ek geen idee gehad wat om te doen nie. Die eerste keer wat ek iemand van die Internet in lewende lywe ontmoet het, het ek ook vinnig geleer. En hier wil ek skryf oor die goed wat ek geleer het, wat ek wens iemand my van kon vertel het toe ek jonger was:
Deel dit gerus:
- Die Internet het ontaard in 'n "monster" en as jy nie versigtig is nie, kan jy in 'n situasie beland waar jy geen beheer het nie;
- Deesdae kan mens nie meer die Internet gebruik om vriende te maak nie, daarom het ek nie Gay vriende nie;
- Wees versigtig vir wat jy wens, want jy mag dit dalk net kry en besef dat wat jy gekry het glad nie naby is aan wat jy verwag het nie;
- As ek 'n kind gehad het wat Gay is, sou ek sĂȘ: Die Gay samelewing gaan jou aanvaar as 'n Gay man, maar berei jouself voor om as 'n volwassene behandel te word en verantwoordelik te wees om jou eie besluite te kan neem;
- Vind uit waarvoor jy moet uitkyk wat moontlike slaggate kan wees en wees versigtig met wie jy vertrou met wat;
- Jou ouers het jou groot gemaak met sekere waardes en normes, om te aanvaar jy is Gay beteken nie dat jy dit uit die venster moet gooi nie - assosieer jouself met mense wat dieselfde normes en waardes as jy het;
- Niks gaan makliker kom net omdat jy Gay is nie;
- Hierdie gaan wreed klink: Niemand gee eintlik om as jy aanvaar het dat jy Gay is nie en daarom kan jy niemand blammeer as jy iets verkeerd doen nie;
- Moenie te haastig wees nie, kwaliteit is altyd beter as kwantiteit;
- Gay mans (veral) het sekere "unspoken rules" waarvolgens hulle lewe en dit is asof Darwin sy "Theory of Natural Selection" gebasseer het op die Gay samelewing;
- Volwasse Gay mans word nie gespot en name genoem soos op skool nie, maar mense gebruik woorde soos "Queer, Fem, Flapping Queen" en nog meer;
- Ek het een dag 'n gewese vriendin 'n vreeslike sarkastiese antwoord gegee op haar onnosille vraag. eintlik nadat sy dieselfde vraag 'n paar keer gevra het. Gay mans het nie 'n Gids of Geel bladsye van ander Gay mans nie en daar is ook nie Geheime Kodes wat hulle gebruik om mekaar te laat weet hulle is Gay nie. Net soos die res van die samelewing, kyk 'n Gay man na 'n ander man en wonder ook maar of hy Gay is of nie - HOOR!;
Ek kon nie 'n gepaste plek kry om te skryf wat ek nou oor wil skryf nie, so ek skryf dit maar hier. As jy die deel gelees het oor Sonde, Wette, Huwelike ensomeer, mag jy wonder hoekom ek daaroor geskryf het. Die goed wat ek oor geskryf het, veral oor Huwelike, het Een Ding in gemeen: Dit was en word deur Mense toegepas. As jy so paar Honderd Jaar terug gaan in die Geskiedenis, was meeste "Wette" gebasseer op wat in Die Bybel was en die Pous (Rooms-Katolieke Kerk) het homself "Verhef" bo Konings en Hy het besluit wat Sonde was, of nie. Soos die Koningkryke van Europa begin val het, een na die ander, en die Populasie van elke land begin vereis het om deel te wees van hoe die Land "Regeer" moes word, het Demokrasie begin en verder Ontwikkel. Soos Demokrasie ontwikkel het, het dit begin noodsaaklik raak vir goed soos Wette wat nie gebasseer was op Die Bybel nie en die Pous en die Kerk se rol in die Regering van 'n Land, het begin afneem. Sekere Demokratiese Lande moes wel nogsteeds erkenning gee aan Die Kerk en 'n Filosofiese beginsel "Seperation between Church and State" is toegepas, sodat die Populasie van 'n Land nie deur die Regering verbied kan word om hulle Geloofs-beginsels toe te pas nie. Sekere Lande het ontwikkel in 'n Demokratiese Regering met 'n Spesifieke Geloof wat deur die Staat ondersteun word, alhoewel die Populasie vrylik enige ander Geloof kan volg - byvoorbeeld Engeland en haar "Church of England" waarvan die Koning(in) die Hoof van die Kerk is.
Die basis van 'n Demokratiese Regering is waar die Populasie verteenwoordigers kies, deur te stem, om 'n Regering te vorm die WIL van die Mense te implementeer en verantwoordelik gehou word deur die Populasie. Absolute Demokrasie bestaan nie en sal ook nooit bestaan nie, want die Verteenwoordigers van die Land se Regering word gekies deur die Hoeveelheid Stemme wat hulle kry, al is dit net 20 Stemme meer as 'n Opponent, so in Realiteit word die Mense wat vir 'n ander Verteenwoordiger gestem het, nooit gehoor nie. Dan is die Persentasie van die Bevolking wat MAG Stem, wat net nie Stem nie. In die laaste verkiesing het net 58.64% (omtrent 16 Miljoen) van Suid-Afrikaners wat mag stem, gaan stem. Suid-Afrika se Populasie is amper 60 Miljoen, so as jy vinnig sommetjies maak, kom dit daarop neer dat die Land se Regering is deur net omtrent 27% van die Populasie gekies. Die paar goed wat ek oor geskryf het, kan ENIGE TYD deur die Regering VERANDER word in Suid-Afrika. 'n Paar jaar gelede het ek 'n Youtube video gesien deur CNN wat berig het op die Politiese Stelsel van Suid-Afrika en bewys het dat ons Demokratiese Stelsel misluk het en dit net sal aanhou. As 'n Gay man, maak dit my bietjie angstig as ek dink wat die impak sal wees indien die Regering van daardie Wette begin omswaai en ons Land se "Mense-regte" begin verdamp. Daarom is dit goed om te weet wat die Wette huidiglik is en wat se Regte ons nou het, sodat ons kan oplet wanneer die Regering begin peuter daarmee, want hulle sal met "klein goedjies" begin wat Mense gaan mis tot een dag wat ons gaan besef dat as al die "klein goedjies" bymekaar gesit word, is dit te laat om iets daaraan te doen.
Ons ENIGSTE beredding is dat Suid-Afrika se Konstitusie net verander mag word deur die Parlement indien hulle 66.67% van die Verteenwoordigers se Stemme kry. Met ander woorde, as daar "iets" in die Konstitusie is wat die Regerende Party wil verander en hulle kan 66.67% van die Stemme kry, hoef dit nie eens gedebatteer te word nie, die ander Partye het geen sĂȘ nie, want hulle sal dit verander, stem en so gou as moontlik implementeer.
DERDENS: Gay mans WIL NIE Vroulik wees nie. Die mans wat soos Vrouens wil wees is 'n hele ander Spesie. 'n Gay man is net aan-getrokke tot Mans - dis dit.
VIERDENS: Vrouens is ook MOOI! Gay mans kyk OOK na mooi Dames en kan hulle komplimenteer, maar dit beteken nie hulle wil hulle bed toe sleep nie.
TEN LAASTE: Hoekom voel "Straight" mense dat mense met ander Seksuele Oortuigings hulle-self moet "UIT"? En waar kom die idee vandaan dat jy "Uit die Kas" moet uit klim?
Ek was gelukkig toe ek per ongeluk op die boek "'n Kas is vir Klere" afgekom het en dit was een van 2 Boeke wat ek heeltemal klaar gelees het, in my lewe. Die ander een was "Who moved my Cheese" wat ek STERK aanbeveel. 'n Kas is geskryf deur Pieter Cilliers en wat my aan getrek het na die boek toe was die kort biografie van homself op die agterkant van die boek en dat die Boek 'n Outobiografie is. Hy was 'n Predikant in die Nederduits Hervormde Kerk gewees (1976) - ek was in die Nederduits Hervormde Kerk ook gewees, baie konserwatief en diskriminerend. In die Boek beskryf Pieter sy worsteling met Homoseksualiteit, veral omdat hy 'n Predikant wou word, en wat hy gedoen het om homself te aanvaar deur Sielkundiges en Psigiaters te sien, vir berading te gaan ensomeer totdat hy eventueel "Uit die kas" geklim het. Mens moet die Boek lees om alles uit te vind want Google gee net hooftrekke. Pieter was vir 6 jaar 'n Predikant, maar vandat hy begin het, het hy intussen Kommunikasie-kunde begin studeer. So het hy toe beland by SAUK as 'n Produseer vir (eers) Godsdienstige programme, toe Nuus en in 1989 het hy die Vervaardiger geword van M-Net se Carte Blanche. Alles was nie Sonskyn en Rose in sy lewe voor hy by M-Net beland het nie, want wat jy nie gaan kry deur Google nie is, hy het sy vertroue geplaas in 'n ander Predikant vir ondersteuning en berading rakende homoseksualiteit. Hy skryf dit nie prominent in die Boek nie, maar jy kan tussen die lyne lees dat nadat hy vertroulike gesprekke met die ander Predikant gehad het, het Die Kerk uitgevind oor sy worsteling en het begin om bewyse bymekaar te maak om hom onder Sensuur te plaas met die doel om hom te Skors as Predikant. Toe Pieter dit uitvind het hy begin werk by die SAUK en eventueel in 1985 bedank as Predikant. Hy het die Boek in 1992 gepubliseer en dit is al 4 keer her-uitgereik en is nie net 'n Bekroonde Suid-Afrikaanse Regiseur nie, maar ook Internasionaal.
Ek het die Boek seker eers in 1999 gelees, maar toe ek klaar was, was dit amper 'n "Wat was eerste, die Hoender of die Eier?"1 gevoel (Die Hoender en die Eier Kousaliteit). Ek het gewonder of sy homoseksualiteit hom gedryf het om suksesvol te raak, of het hy suksesvol geraak om te bewys dat seksualiteit jou nie definieer nie. Toe noem iemand een dag in 'n gesprek iets wat ek (weer eens) nie van geweet het nie: "Pink Money" en "Pink Pound". Google was nog nie eens 'n idee nie en Netscape was die mees populĂȘre program om die Internet te kon gebruik. Ek het geweet "Pink" was iets te doen met Gay, so dit was logies om aan te neem dat dit verwys na Gay mans se geld. Toe vind ek uit dat die "Pink Pound" was gebruik in Suid-Afrika as 'n verwysing na Gay mans wat met R50 note betaal, want op daardie stadium was R50 die grootste bedrag en dit was Pienk. Ek het ook uitgevind dat (op daardie stadium) Gay mans meer ambisie het en 'n groter dryf-krag om te Presteer, meer Suksesvol te wees en sodoende meer Geld te maak, sonder om dit vir die WĂȘreld te verkondig. Net terloops, as gevolg hiervan het sekere besighede begin aanpas om meer Gay-vriendelik te wees deur te fokus op die Gay mark - in 2019 is daar beraam dat die Globale Ekonomiese Impak van LGBT-mense, is $3.7 Triljoen, dit is amper R75 Triljoen - dit is gelyk aan 10 keer Suid-Afrika se GDP, met ander woorde dit sal Suid-Afrika 10 Jaar vat om $3.7 Triljoen se goed te produseer!
My vraag oor Pieter het 'n antwoord gekry en dit het hartseer gevoel, maar ek het soortvan 'n vindikasie beleef teenoor die Nederduits Hervormde Kerk al het ek jare voor die Boek opgehou Kerk toe gaan. Ek spring rond, maar die rede hoekom ek opgehou Kerk toe gaan het was as gevolg van Ds Klaas Koning (mag hy kry wat hom toekom). Die Predikant wat ek mee groot geword het, Ds Arrie Kuyper, het oor geneem by Ds Roos toe hy moes aftree en toe word Ds Koning beroep. Koning was 'n narsisses, behep met geld en het Ds Kuyper hel gegee. Toe Ds Kuyper 'n beroeping kry na 'n ander Gemeente toe, het hy dit gevat, wie sou nie. Ons Gemeente het al hoe kleiner geword met net Koning, toe beroep hulle Ds James om deeltyds uit te help. James was 'n Groentjie, jonk, maar op die regte tyd op die regte plek. Hy het begin preek net toe ek "Aangeneem" was en 'n jaar later het ek met Universiteit begin. Ek het baie kere in die middae na James toe gestap (ek het eers later my bestuur lisensie gekry) en gepraat oor Geloof maar eintlik meer aktuele onderwerpe, vir ure. Terwyl ek op Universiteit was, het James 'n beroeping gekry na 'n Rustenburg Gemeente toe, wat hy nie aanvaar het nie. Nadat ek my eerste Graad gekry het, is James weer beroep maar daardie keer was hy VERPLIG om dit te aanvaar. Ek het wel later uitgevind dat Koning was sterk besig in die agtergrond om James uit te werk en het gesoek vir Gemeentes om James te beroep omdat daar 'n gaping in Die Kerk se rëels was wat Koning en sy maatjies agter gekom het. 'n Predikant wat begin MOET die eerste Voltydse Beroeping wat hy kry AANNEEM, of bedank. Aangesien James net deeltyds by ons was, MOES hy die tweede beroeping aanvaar. Klaas en sy maats het gejubel in hulle sukses, maar toe James weg is en Koning in bewind was, het die Jong Lidmate in strome die Gemeente verlaat. Ek het geweet daar was iets met Koning nie lekker nie, vandat Ds Kuyper weg is het ek gevoel dat iets met Koning nie lekker is nie. Ek het eers omtrent 2013 uitgevind wat alles gebeur het en hoe Koning vir amper 15 Jaar weg gekom het met geld wat net verdwyn het, sy uitgawes het gestyg en die Kerk moes betaal, met elke verhoor het hy dit reg gekry om iets teen iemand op die paneel te kry om te keer dat hy geskors word totdat daar eventueel niemand meer oor was nie en Die Raad kon hom skuldig vind, maar in plaas van hom te onthef van sy Titel, kon hy 'n Predikant bly op voorwaarde dat hy nooit weer in 'n Nederduits Hervormde Kerk mag preek nie - SWAKKELINGE!!!!
Ek dink James het geweet ek is Gay alhoewel ons nooit oor die onderwerp gepraat het nie en ek weet nie of ek hom 'n eerlike antwoord sou gee as hy my sou vra nie. Alhoewel ek dit in My Storie geskryf het, moet ek dit net weer noem. Toe ek en Clive saam was, het ek dit 'n geheim gehou en selfs nie eens vir my beste vriendin, Christa, vertel nie. Ek het haar wel afgeskeep tot die dag wat sy gesĂȘ het ons moet gaan koffie drink na werk. Ek het iets verwag, so toe sy my vra of ek Gay is, toe antwoord ek met 'n "JA". Toe kom die vraag oor hoekom het ek haar nie gesĂȘ nie en sonder om eens te dink was my respons "Hoekom het jy nie vir my gesĂȘ jy is Straight nie?". Op daardie ouderdom was ek "bitchy" maar my lewe lank het mense opmerkings gemaak oor hoe PITTIG ek is - daar is nie 'n Engelse woord vir Pittig nie, maar "WITTY" is die naaste. Gelukkig het ek die "bitch" ontgroei, en trots geword op die Pittige deel van my. Na Christa haar vrae gevra het, het ek haar vertel van Clive en ons vriendskap het ge-"reboot" en dit het goed gegaan. Ek het na daai koffie-drink die Tweede ding besef wat by my gebly het, en nogsteeds is: Ek moes versigtig wees en leer wanneer ek iets "bitchy" sĂȘ en wanneer ek iets Pittig sĂȘ, want as die "bitch" uitkom maak my woorde seer!
WAT NIEMAND OOR WIL PRAAT NIE
Seks. Dit is oor die algemeen nie 'n onderwerp waaroor mense praat nie, maar hetetjie, "Birds do IT, Bees do IT, even educated Fleas do IT" en ek wens iemand kon my voorberei het op wat om te verwag. Ons almal word "Straight" groot gemaak en iewers langs die pad vind jy uit dat daar iets soos seks is, tussen 'n man en 'n vrou, hoe DIT "werk" en dan het jy 'n baie ongemaklike uur-lange periode op HoĂ«rskool, waar jy saam met al die seuns en dogters sit en deur iemand, wat baie hard probeer het, ingelig word oor die Biologiese aspekte daarvan. Die een ding wat ek nooit sal vergeet nie, want ek weet nie wie het meer ongemaklik gevoel nie, was op 'n Leiers-kamp toe ek in die HoĂ«rskool was. Dit was soos Veldskool, maar net vir sekere kinders uit al die Skole van die Streek, omtrent 20 Skole wat ons net so oor 100 seuns gemaak het. Dit was lekker want hulle het ons soos Groot-mense behandel en ons het nie die millitaristiese behandeling van gewone Veldskool gehad nie. Tot die dag wat ons die Soutpansberg uit geklim het, kamp op geslaan het en toe gesĂȘ word dat ons kan rus want die Onderwysers gaan ons een-vir-een sien vir 'n "Onderhoud". In ons groep was ek heel laaste op die lys oor my VAN (van Staden). Toe word die eerste seun gevra om te gaan vir sy "Onderhoud" en hy was lank weg, die tweede een ook en toe die derde een terug kom het ek gevra waaroor die "Onderhoude" gaan omdat dit so lank vat. Al drie het geweier om iets te sĂȘ, want hulle was verbied. Daar was nog twee seuns voor my, maar skielik was hulle "Onderhoude" korter en toe ek geroep word, was dit amper Aand-etenstyd. Die Onderwyser, wat my Rekenaar Studie Onderwyser was, het sommer dadelik gesĂȘ dat dit nie lank gaan vat nie en die eerste vraag wat hy wil vra is "Wat sal jy doen as jy op jou Huweliks-aand uitvind jou vrou is nie 'n Maagd nie?". Regtig? Die Onderwyser het gebloos en ek het gewonder wat om te antwoord. Hy het toe net gesĂȘ dat my antwoord sal vertroulik en konfidensiĂ«el hanteer word, so ek kan eerlik wees. REGTIG??? Hoe antwoord jy so vraag as jy nog nooit eens gedink het dat jou EERSTE KEER op jou Huweliks-aand sal wees en met 'n Vrou sal wees? My antwoord was kort en kragtig "Ek dink ek sal met haar daaroor praat". Die 5 vrae daarna was alles oor seks en my antwoorde omtrent almal iets te doen met "praat daaroor". Gelukkig het die klok gelei en ons moes gaan vir aand-ete.
Sonder om grafies te wees, vir die mense wat dalk in 'n grot groot geword het, Gay mans doen DIT ook, met mekaar. Gay mans het dieselfde "gereedskap" as ander mans en orgasmes is dieselfde, so dis niks snaaks nie. Wat DIT uitdagend maak, en wat ek wens ek geweet het toe ek jonger was, is dat Gay mans nie DIT sommer met enige man doen nie en dat daar verskillende faktore is, wat nie ter sprake is tussen 'n man en 'n vrou nie. Net soos seks 'n belangrike rol speel tussen 'n man en 'n vrou in hulle verhouding, so speel dit ook 'n belangrike rol in Gay verhoudings. Voor ek verder gaan, wil ek vir al die "GROTTE-LINGE" en "Bybel-mishandelaars" 'n boodskap gee, want iemand het dit een keer in my gesig gegooi en ek het myself GRUWELOOSLIK vererg vir daardie persoon. Die persoon het probeer om die Bybel te gebruik om Gay mans te kondemneer en het gesĂȘ dat selfs nie eens die hel "hulle" wil hĂȘ nie. Die rede wat die Persoon gegee het, was bannaal want Gay mans kan Eerstens NIE in 'n Verhouding met net een ander man hĂȘ nie, want "hulle" slaap almal rond en verneuk mekaar. Tweedens, volgens die persoon, doen Gay mans DIT net as daar 3 of meer mans betrokke is. DIT IS BOG! Ek kan nou daaroor skryf, maar vir my was DIT nooit regtig belangrik in 'n verhouding nie, want ek het iemand gesoek wat Volwasse is en waarmee ek Intelektuele gesprekke mee kon hĂȘ, wat ook Pittig was en ons mekaar Emosioneel en Inteleketueel kon "stimuleer". So al het ek aanvaar dat ek Gay is, was DIT nooit regtig iets wat ek baie aan gedink het sou ek 'n verhouding met 'n ander man wou gehad het. GROOT FOUT!!!
Hier is 'n lys van faktore wat ter sprake kom voor DIT tussen 2 Gay mans gebeur:
- Ouderdom: Ouer mans wat van jonger ouens hou en anders om, of glad nie gepla is daarmee nie;
- Lyf: Gay mans sal selde DIT doen met 'n man wat nie die lyf het wat hy verkies nie en die opsies is baie: Slank; Maar; Atleties; Gespierd; "Body Builder"; Vet; Lank; Kort; "Flabby"; Harig; "Smooth" en dan (en dit hang af) hoe goed is hy bedeeld;
- Rolle: Ek gaan probeer om dit mooi te verduidelik. Daar is 'n paar, maar die belangrikstes is: "Top (Active); Bottom (Passive); Versatile; Versatile-Top; Versatile-Bottom". Enige rol met "Top" in is waar 'n man die man DIT doen soos wanneer 'n man en 'n vrou DIT doen. Enige rol met "Bottom" in is waar die man 'n "Top" verkies om DIT te doen. Ek het mense al gehoor verwys daarna as 'n "Bowler and Catcher". "Versatile" beteken die man hou van albei;
- Kontak: Gay mans soen mekaar ook, party Gay mans hou net minder of meer daarvan. Party mans hou daarvan om te voel en te vat en ander mans nie;
- Ekstra Opsioneel: Party Gay mans hou daarvan om "speelgoed" te gebruik, of nie. Dan is daar die mans wat van Leer-goed hou, of nie. En net soos party Straight mans daarvan hou as 'n vrou ietsie seksie dra, is daar Gay mans wat daarvan hou om iets te dra en ander mans wat daarvan hou om 'n ander man in iets seksie te sien.
- Buiten DIT: Wanneer dit by verhoudings kom, is daar mans wat daarvan hou om die ander een sommer net 'n drukkie of soentjie te gee, nou en dan, of nie. Dan is daar mans soos ek wat dit nie doen nie, nie omdat ek nie daarvan hou nie, maar omdat ek moet ONTHOU om dit te doen want dit is nie iets wat natuurlik is vir my nie - al was ek nie Gay nie. Dit het my moeg gemaak, want ek moes konstant daaraan DINK om hom 'n drukkie te gee en geen mens kan dit 24x7x365 doen nie!
- Wat jy omtrent NOOIT sal sien nie is 2 Gay mans wat in die Publiek loop en hande vashou of 'n arm om die ander een se lyf of selfs skouers nie. So dit word omtrent nooit bespreek in verhoudings nie.
Hierdie is nie een die volledige lys nie, maar ek gaan die res uitlos omdat dit bietjie grafies is, maar as jy na die lys kyk en vinnig 'n sommetjie maak dan kom dit daarop neer dat daar omtrent 200 PERMUTASIES is van faktore voor DIT gebeur! Hierdie 200 Permutasies se belangrikheid eskalleer dramaties wanneer dit by verhoudings kom, want dan kom Emosies ter sprake en (hopelik) Liefde. Ek kan erken dat ek GLAD NIE ag geslaan het op enige van hierdie faktore nie en ek moes, in plaas van om "hardegat" te gewees het. Dis dalk persoonlik, maar ek en Wayne het een keer 'n groot argument gehad oor DIT en ek het vir hom gesĂȘ, eintlik getart, hy kan ENIGE iets probeer om my in die "mood" te kry, maar as ek nie "mentally" DIT wil doen nie, sal NIKS werk nie. So toe hy DIT wou doen een aand, het ek my punt bewys en vir meer as 'n week het hy op die bank geslaap.
Die rede hoekom ek oor DIT wou skryf is eenvoudig. Mense MOET besef dat DIT nie meer net gaan oor "Bytjies en Blommetjies" nie, maar "Bytjies en Bytjies" ook en as jy 'n Ouer is of gevra word deur 'n Jong Gay man wat jou raad benodig, verwys hulle na hierdie BLOG toe sodat hulle kan WEET hoe DIT werk en dat dit onmoontlik is om aan al 200 Permutasies te voldoen. So VERWERPING is iets wat 'n Gay man vinnig moet leer om te kan hanteer, want die faktore wat vir my belangrik is, IS NIE faktore wat belangrik is vir die ander man nie. Ek sal selfs so vĂȘr gaan om enige iemand uit te daag om my te probeer oorreed dat dit nie 'n verhouding affekteer nie want Liefde is onkondisioneel - TWAK! Toe ek en Kevin saam was het ek besluit om my baard te laat groei een Desember en dit het 'n merske argument veroorsaak en ek het in my woonstel in Sunnyside gebly vir 'n paar dae, hom nie gebel of enige iets nie, tot hy omverskoning gevra het en ek my baard geskeer het. 'n BAARD!!! Daar is ook 'n WAARSKUWING aan DIT wat Gay mans voor moet uitkyk, wat ek weer eens wens iemand my van vertel het en ek dink dit is dieselfde regoor die hele samelewing - DESPERAATHEID. Party mense kan net nie alleen wees nie en sal hop van een mislukte verhouding na 'n ander. As 'n Gay man wil ek ander Gay mans waarsku om nie voor te gee dat hulle iets is, of van hou, wat hulle nie is nie NET sodat hulle iemand kan ontmoet om nie alleen te wees nie. Shakespeare het geskryf: "To thine own self, be true!", As jy voorgee om iets te wees net sodat jy iemand anders se aandag kan hĂȘ, stel jy jouself op vir Verwerping. Glo my of nie, ek skryf uit ervaring, daar is Gay mans wat verslaaf is aan Verwerping. Ek het 'n paar geken in my lewe. Hulle gaan letterlik uit een verhouding na 'n ander en gee elke keer voor dat hulle iets is wat hulle nie is nie, net sodat hulle nie alleen hoef te wees nie totdat hulle nie meer kan voorgee nie en die verhouding opbreek. Na die opbreek kry hulle simpatie en aandag van almal af en hulle is mal daaroor totdat die aandag ophou. "RINSE AND REPEAT".
EN NOU?
Daar kom 'n tyd, of dalk is dit al verby, wat mens moet besef en vrede moet maak met die feit dat jy alleen gaan dood gaan. Bietjie teenstellend met die hele tema ne en jy kan gerus wonder hoekom ek skryf wat ek skryf. Niemand hou daarvan om oor die Dood te praat nie, wat nog daaraan te dink. Met "Alleen dood gaan" bedoel ek nie dat jy niemand in jou lewe gaan hĂȘ of fisies op jou eie gaan wees nie. Ek bedoel daarmee dat Dood is iets wat 'n Mens op sy eie gaan moet laat gebeur al is jy omsingel deur geliefdes. Niemand waarvan ek weet het al terug gekom om te vertel hoe dit voel om dood te gaan nie, maar ek is redelik seker daarvan dat wanneer jy jou laaste asem uit blaas, is dit net jy. Wat het dit enigsins te doen met my en dat ek geskryf het oor wat ek ervaar het as 'n Gay man? Wel, dit sou niemand se aandag getrek het as ek geskryf het dat 'n mens moet die beste maak van sy lewe nie. Dit is wel van toepassing gewees in my lewe en die tyd toe ek vrede gemaak en myself aanvaar het as Gay, want ek het besef dat my lewe gaan anders wees. Ek het gedink oor goed wat ander mense gaan beleef en ek nie. Niemand wat ek in my lewe geken het, het ooit vir my gevra oor Kinders nie. Alhoewel Gay mans deesdae kinders mag aanneem of 'n surrogaat kan kry, is dit redelik ontnugterend om te aanvaar dat jy nie self sal kinders hĂȘ nie en wanneer jy dood gaan laat jy niks van jouself agter nie. Ek het ook gedink aan iets simpel, my Ouers sal nie Klein-kinders hĂȘ wat se Van "van Staden" is nie en dat my Pa se bloed-lyn basies by my en my broer stop en ek wonder hoe hy daaroor gevoel het. Ek het gedink oor Trou, want dit was voor mans met mans kon trou, en omdat ek nie 'n goeie selfbeeld het nie, het ek gedink aan wie sou in elk geval in my belang stel. Ek het op 22 Jaar oud vrede gemaak en aanvaar dat ek enkel gaan wees. Dit is 27 Jaar later en ek was reg, of...
"Wat was eerste, die Hoender of die Eier?" Is ek enkel omdat ek 27 Jaar gelede vrede gemaak het daarmee of het ek die laaste 27 Jaar seker gemaak dat ek enkel sal wees? Na 3 verhoudings, waarvan een 'n mislukte huwelik was, het ek een dag vir Daleen gesĂȘ dat dit bevrydend is om te besef dat ek die res van my lewe alleen gaan wees en nie weer in 'n verhouding gaan wees nie. Ek het nie gesĂȘ wat my dit laat besef het nie, want die rede daar agter sal moeilik verstaan word. Ek het besef dat ek mense kan seer maak, maar wat erger is, is dat ek besef het dat ek presies geweet het HOE om mense seer te maak. Na die egskeiding het ek soortvan 'n Tweede aanvaarding-tyd beleef en my lewe ontleed en gedink oor HOE sou ek dit anders wou hĂȘ. Ek dink blykbaar te veel, want dit maak nie saak waaraan ek gedink het nie, daar is niks wat ek aan kon dink oor HOE anders dit kon wees nie. Barbra Streisand het in een van haar konserte gesĂȘ dat die een ding wat sy besef het soos sy ouer geword het, is dat jy nie na iemand anders moet kyk vir jou eie geluk nie. Ek is 'n kluisenaar, ek is alleen en ek haat dit as mense vra of ek gelukkig is, want wat my gelukkig maak, gaan niemand anders gelukkig maak nie. Elke 6 maande vra die Psigiater my oor HOE ek voel, meestal retories terwyl sy die Voorskrif skryf. Was ek 27 Jaar gelede gelukkig nadat ek myself as Gay aanvaar het? Mense moet ophou om die uitdrukking te gebruik "Wat ook al jou gelukkig maak"!
Die regte antwoord op die vraag is: "Die Eier".
Wat dink jy?
1 DIE HOENDER EN DIE EIER KOUSALITEIT DILEMMA Alhoewel meeste mense die uitdrukking ken, wonder ek of mense weet waaroor die vraag van die Hoender en die Eier gaan. Eerstens is daar die Wetenskaplike aspek wat die vraag beantwoord in terme van Evolusie. Die Tweede aspek het te doen met Kousaliteit (ek is mal oor die Engelse vertaling - "Causality" wat ek die eerste keer gehoor het in die 3e Matrix fliek). Wat is Kousaliteit: "Kousaliteit, noodwendigheid of oorsaaklikheid, is die verwantskap tussen 'n gebeurtenis (die oorsaak) en 'n tweede gebeurtenis (die effek), waar die tweede verstaan word as 'n fisiese konsekwensie van die eerste." Moet dit nie verwar met Newton se "Third Law of Motion" nie, wat ook bekend is as "For every Action there is an Equal and Opposite Reaction". Ek was nogals verbaas toe ek uitgevind het dat hierdie Dilemma se oorsprong uit die 16e Eeu uit kom, en nie meer onlangs nie. So nou dat jy weet die uitdrukking is 'n Kousaliteit Dilemma en jy weet wat 'n Kousaliteit is, is al wat oorbly om te verduidelik die "Hoender en die Eier" want hulle kon sekerlik 400 Jaar gelede aan iets anders gedink het. Die "Hoender en die Eier" word gebruik as Metafore in hierdie Kousaliteit Dilemma en verwys nie DIREK na 'n Fisiese Hoender en Eier nie maar eerder as voorbeelde van 'n "Oorsaak" en "Gevolg". Die hele uitdrukking kan dus beskryf word as 'n Metaforiese Beskrywing van 'n Kousaliteit Dilemma. Dit klink rof as mens dit so lees, maar dit is belangrik dat Mense moet weet wat hulle eintlik sĂȘ as hulle hierdie uitdrukking gebruik omdat dit baie keer sommer maar net gebruik word. So wanneer jy regtig 'n Situasie wil beskryf waar die "normale mens" dit moeilik vind om te onderskei tussen wat die Oorsaak en die Effek is, dan kan jy die "Hoender en die Eier" uitdrukking korrek gebruik. En dalk het jy ook sommer 'n Nuwe Woord geleer: KOUSALITEIT.
FIN
No comments:
Post a Comment